Books
Donker Bloeisel
Jacques debuteer in 2019 met Donker Bloeisel, uitgegee deur Naledi.
Die bekende digter, en tekspraktisyn, Louis Esterhuizen laat hom soos volg oor Donker Bloeisel uit: “Hierdie is ʼn uitmuntende teks en ʼn plesier om te lees. Die intrige is geskakeerd en die karakterisering is heeltemal oortuigend. Ook is die historiese gegewe baie deeglik nagevors en is die handeling ten volle geloofwaardig binne dié historiese konteks.”
Amanda Botha skryf in ñ resensie op Litnet: “Donker bloeisel deur Jacques le Roux is ’n toeganklike roman oor ’n bekende gedeelte van ons land se geskiedenis.”
Donker Bloeisel verkoop goed, en is tans in sy tweede druk.
Eendagsblom
Donker Bloeisel word in 2021 opgevolg met Eendagsblom wat ook deur Naledi uitgegee is.
“Dit is ‘n kragtige, meesleurende verhaal; loshande een van die indrukwekkendste wat ek tot nog toe hanteer het,” skryf Louis Esterhuizen oor hierdie verhaal.
Anschen Conradie beskryf Eendagsblom soos volg in haar resensie: “‘n Interessante lees (met ‘n pragtige voorblad) wat sal byval vind by lesers van liefdesverhale wat nie wegskram van sensitiewe onderwerpe nie.”
Muse
Muse is Jacques le Roux se derde roman.
Annalize Hills resenseer Muse soos volg : “Hierdie verhaal is ‘n woordkunswerk. Dit is duidelik dat daar sorgvuldig oorweging geskenk is aan die keuse van karakters, omgewing agtergrond en soveel meer. Die verhaal het ‘n sterk verteltrant en trek die leser binne-in elke intrige. Met fyn sinspeling en nuanses lok Le Roux die leser om dieper te lees en emosies te ervaar wat die karakters in hierdie verhaal suggereer. Die dialoog word goed benut om die konflik tussen die karakters te beklemtoon.Die verhaal is meesterlik geskryf en die skrywerbehou hierdeur die leser se aandag, skep goeie tweestryd en die ontknoping het ‘n interessante slot.”
In ñ Lesersindruk op Litnet skryf Louise Viljoen: “Ek het dit geniet om sielkundige Jacques le Roux se roman getiteld Muse te lees. Die hardebandliefdesverhaal van 159 bladsye ontgin swaargewigtemas soos, onder meer, die bagasie van skeefgeloopte verhoudings wat ’n mens soms vir jare nog saam met jou dra, die huiwering om wéér te probeer, die keuses, opofferinge en selfs obsessies binne verhoudings, die onvermydelike aftakeling wat ouderdom bring, asook siekte en die dood. Maar moenie dink hierdie boek is swaarmoedige leesstof nie. Trouens, dis ’n lieflike, teer en eg menslike verhaal met oorgenoeg diepte om geensins voorspelbaar te wees nie. Le Roux het Muse kort na sy ma se afsterwe in 2021 begin skryf, terwyl hy deur sy eie rouproses gewerk het. As sielkundige glo hy aan skryfterapie en pas dit graag in sy werk toe. Ek dink dit is ook waarom Muse my geval het, want ek het self onlangs my ma aan die dood afgestaan en is nog besig om deur die rou, smart en verlies te werk. Muse is ’n deernisvolle verhaal wat menslike gebreke uitlig, maar tog hoop voorhou.”
Get In Touch
Contact Details
- Call : 083 658 2549
- Email : jsleroux1@outlook.com
- Address: 6 Solway Street, Bellville (Near Louis Leipoldt Hospital)
Working Hours
- Monday to Friday: 8.00 AM – 5.00 PM